Ontkommer (silwer)
Kwel julle nie, kom die opdrag
meer dringend as dwingend
eerder as nóg ‘n wet tot diskwalifikasie
of aansporing tot geloofsprestasie
ken Hy die bitter worsteling
van alleenheid wat die siel verwring
Sy opdrag word ‘n omgee-gebaar
om dié wat Syne is te spaar
van ‘n twyfeltog se eensaam-bang
in donker doolhowe se gang
om ‘n hart, deur kommer gekasty
van bevange vrese te bevry
Dan roer Sy kruisweg-medelye
my hart om te vertrou in swye
-cs-sep-24-
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2024 – OOP projek