Jongste aktiwiteit:

Bottel die somer Goud

 

vang vir my die somer in n vaas van fyn kristal

sodat dit in prisma

oor my wintertuin kan val

bottel die son in consol glas
dat die hitte daarvan
oor my droë akkers kan bars

sorg dat daar n reënboog
oor die dorre aarde hang
wanneer die plante dorstig
die volrond druppels vang

kom voed my met jou somer
in my barre wintershart
verwyder al die seer, die pyn
en die smart

deur my wintertuin se vaal
sal daar dan nuwe groei se groen
in vrede deur my hart se tuin kom dwaal

 

AmandaDM




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed