DOODLOOPSTRAAT
DOODLOOPSTRAAT
Here, hierdie
is ‘n doodloopstraat.
Daar is geen uitkomkans
na links of regs.
Ek loop my vas teen U.
My aangesig verberg ek
teen u bors.
U arms vou my toe.
U warmte vloei deur my.
Die koue en die pyn vlug weg.
En wanneer ek uiteind’lik weer
my kop kan lig,
dan weet ek: U
is Ooploopstraat
na ewig’ Vaderhuis.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Ina
Ek hou baie van ooploopstraat