
Toegevoegde Waarde
Toegevoegde Waarde
Oud word is bloot ‘n fisiese beslommernis—
Die enigste bekommernis
is dalk wakkerlê
wat nagrus ontsê,
maar elke jaar
se leed en vreugde opgegaar
het in toegevoegde waarde gegroei
met immergroen bloei
tot ‘n kennisryke
en rype
skat vasgevang in ewige jeug
van verwonderde vreug
oor elke dag
se vrag
van kleur, klank en woord
sien en hoor,
elk vervlietende skoonheid en drif
behoue ingegrif
en geborge dig
in tydlose gees verewig—
Janetta – Helena [Babs] ©6
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.