Jongste aktiwiteit:

Vader en die Karoo

Soms, baie, mis ek die stad,
dan voel dit net of ek die pad kan vat.
Maar dan is dit die skoonheid van die Karoo,
wat my hier hou, wat my net weer laat glo.
Aan Vader se pragtige hande werk,
dan weet ek Hy kan soveel meer doen,
ook prag bring in elkeen se lewe,
dit is die wonderwerk dat ons mekaar vergewe.

Baie keer voel dit of ons die wêrld op ons skouers dra,
maar dis nie waar nie, dit is in Sy hande.
Soms moet ek ons net vertrou en glo,
want Hy kan ook goed laat gebeur in ons almal se lewens,
niks is te veel vir die krag van bo.

Soms, baie, dan dra ek ook maar swaar aan my probleme,
twyfel ek in die Krag van bo, gebeur daar weer meer goed.
en al die laste wat ek op my skouers moes dra is soveel ligter,
proe die lewe dan weer vir my soet,
leer ek maar ook om die wat teen my gesondig het te vergewe.

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou..




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Karina Nel het n geregistreerde lid geword

  • Karina Nel het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak