GEWONDE WINDJIE
Waai maar skelm skinderbek windjie
môre lê jy eensaam in jou bruilofs stofgewaad
tussen die krake op die kliprand
met jou wonde verbind in aalwynsap trane
Kom krul jou skurwe windtone
by my agterdeur se vloermat in
en rol en spin dan teen die trappies af
tot onder die garingbosse druipstert in
Wie sal môre na jou wonde vra
of selfs ‘n vredeskontrak met jou bind
as jy gister nog daar was
en nou net bebloede blaarverbande
as kwitansie laat ?
…Soos ‘n wilde perd met skuim om bek
jaag die stof se oggendwolwe jou tot gallop
tot teen my tuinhek vas
waar jy terug deins
moeg en lomp
2 Kommentare
-
Inkmoderator
Waai maar skelm skinderbekwindjie [een woord] môre lê jy eensaam in jou bruilofstofgewaad [bruilofstofgewaad? Net stofgewaad?] tussen die krake op die kliprand met jou wonde verbind in trane van aalwynsap. [woord orde] Kom krul jou skurwe windtone by my agterdeur se vloermat in en rol en spin dan teen die trappies af tot onder die garingbosse druipstert in. Wie sal môre na jou wonde vra of selfs ‘n vredeskontrak met jou bind as jy gister nog daar was en nou net bloeiende blaarverbande [bebloede vervang] as kwitansies laat ? [meervoud] Soos ‘n wilde perd met skuim om bek [geen ellips - nie funksioneel] jaag die stof se oggendwolwe jou tot gallop tot teen my tuinhek vas - waarvandaan jy terug sal deins. [ingevoeg om met die ritme te help] Jou verse is werklik uniek aan beeldrykheid. Jy struikel egter soms met die koppeling van woorde en soms wil jy té veel sê en té min wys. Woordekonomie is belangrik in poësie wat dit anders maak as prosa. Dit is juis waaroor die kunsvorm gaan. Minder woorde groter treffende gedagtes. Jy het ongelooflike talent om dinge waar te neem op 'n unieke manier en ek beloof jou as jy aan hierdie voorstelle werk kan jy groot spore in die genre trap. Praat gerus as jy hulp nodig het, of net bloot van my wil verskil, Groete. moeg en lomp
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Ongelooflik mooi!