balhorig
vroeg op die strand
stap ek van kant tot kant
ja die baai het mos kante
westekant en oostekant
die jonkheid borrel
in my lyf op
pure
balhorigheid
hardnekkige wil
die eiesinnigheid vanself
weerbarstig stap ek net voort
al sleep my voete spore
in die koppige sand
oud in die lyf
jonk in die
harde
kop
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.