Die Karoo
Drie honderd dae van die jaar,
is dit droog, sonder rëen en sonder steun.
Skape is dors en die beeste is honger,
as die reën afwesig is,
maak dit die boere bekommer.
In die Karoo is die lewe soms hard,
maar die harte van die mense is baie groot.
Nêrens anders sal jy sulke vriendelike mense kry nie,
deur hard te werk verdien hul, hul daaglikse brood.
Die Karoo is uniek,
al is daar min reën.
Kan ons altyd staat maak op die mense om ons,
wanneer hulle ons om elke hoek en draai ondersteun.
©Kopiereg-Timothy De Vos Botha-Alle Regte Voorbehou
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
HelenaMellet
Baie mooi.