Die tuin gedig
Blommetjie, blommetjie, blommetjie so mooi,
ons almal hou mos van ‘n rosie bloedrooi.
Blommetjies plant is goeie terapie,
maar dis verbasend hoe sommige mense dit nie so kan sien nie.
Die son is vir ‘n blommetjie baie goed,
dit maak die lewe vir ‘n blommetjie sommer ligter.
Want so groei blommetjie meer en meer,
dat mens dit eintlik glad nie meer kan keer.
Soms word groente plante baie dors,
want hul het ook water nodig om te groei.
Son is vir ‘n groente plant net so belangrik soos vir ‘n blommetjie,
maar ek wonder hoekom party mense dit nie so sien nie.
Daar is mense wat blommetjies en plante net so los dat dit vrek,
en dit is glad nie mooi om te doen.
‘n Pragtige bloedrooi blommetjie verhelder sommer mens se lewe,
ai, ‘n blommetjie en ‘n plant vra ook so nou en dan ‘n soen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.