nooit naak lente (Brons)
nooit naak lente – Brons lente dartel ligvoets … laat winter-lanfer ademloos wanneer haar Namakwa-blomkaros geil, luisterryk ontwaak met arms wyd gesprei verlei sy bloeisel, blaar en blom lente dartel ligvoets … laat winter-lanfer ademloos sy flankeer met vrugbeginsel, tantelant, botterblom en vygie verruklik in (s)lente(r)drag pryk sy sensories nooit naak lente dartel ligvoets … […]
soms (Brons)
soms – Brons soms wil ek my hande in die lug gooi en baldadig sing my jubelklanke teen die melkweg gooi tot ‘n maanligstraal dit weer terugbring soms wil ek hartverskeurend in my hande snik die seer uit my hart ryg en dit tussen die sterre werp om dit vir ewig aan die sekelmaan te […]
Monochroom (Brons)
soms droom ek in monochroom van uitgebleikte vlaktes bloeiselontbrekend en vlinderverlaat wintergrou en naak ʼn eensame voëlverskrikker, sy gehawende jas deursteek met halmpies strooi, bespied die leegheid belangstellingloos en staan skut teen absente voëls. in kort grepe gesels hy met enkele gerwe gedroog en geboë in die wind in die droom word hy omring deur […]
VINGERAFDRUKKE
Vingerafdrukke lê in ‘n doolhof met elke vat skryf jy jou naam dit sê nie wat jou siel skreeu net jou naam in letters van die alfabet net nog ‘n naam wat aan iemand se lippe hang
Afrikaans, die taal van die onderdrukker, EN die onderdrukte
(Woordtelling : 789) Taal is nie sommer-maar-net ʼn klomp woorde wat met sekere klanke aanmekaar gestring word nie, maar dit het sy eie geskiedenis. En veral omdat Afrikaans nog ʼn jong taal is, hoef ons die geskiedenis daarvan nie te vreeslik ver in die verlede te gaan soek nie. Afrikaans is oorspronklik deur die […]
Ink dit
Brons kategorie Ink dit delf uit historiese gisters se onthou stof af wat lankal vergete lê onder stof klee opnuut glansryk in helderrooi restoureer tot blinknuut breek dit vars oop… laat dit al bruisend borrelend uitvloei skink dit… proe dit… Ink vars… in Afrikaans ©Magda van der Walt Brons kategorie
Die lewe is ‘n lied
Brons kategorie Die lewe is ‘n lied elkeen het ‘n storie al is dit nie ‘n sprokie niks is sonder rede dis die verhaal van ons lewe agter elke lae en hoë noot nie verstaan skuil ‘n lewenslied se ontstaan selfs al val die ritmes nie altyd op ‘n “rock and roll beat” bly dit […]
Jolifikasie (Goud)
Die boordbome kon kwalik hul skaterlag insluk toe lente onthuts haar hande oor die wind se tuitbek druk genoeg is mos genoeg nou, het sy beslis gesê en ligpienk bloeiselsoene op hul takke neergelê sy’t loof met haar groen vingers om die wingerdstok geweef, en skielik was die groeiseisoen oraloor fluks op dreef die bont […]
‘Saamkyk na Jesus’ – (Silwer)
Hierdie paar opmerkings dien net as breë-trekke agtergrond aan die leser. Indien jy egter meer hieroor wil nalees, verwys ek jou graag na die bronne wat ek gebruik het soos gelys in die bibliografie aan die einde van hierdie artilel. Die eerste drie boeke in die Nuwe Testament naamlik Mattheus, Markus en Lukas, staan bekend […]
Karooprag
Karooprag Met elke knip van die oog kiekie ek jou prag in die onthouboek van my brein die negatief vir ewig in die grysstof vasgevang en more, wanneer die verlange soos ‘n mislaag oor my skadutrek kan ek terugblaai na die perkament van gister se onthou. Amanda DM