Die lewe is ‘n lied
Brons kategorie
Die lewe is ‘n lied
elkeen het ‘n storie
al is dit nie ‘n sprokie
niks is sonder rede
dis die verhaal van ons lewe
agter elke lae en hoë noot nie verstaan
skuil ‘n lewenslied se ontstaan
selfs al val die ritmes
nie altyd op ‘n “rock and roll beat”
bly dit steeds… ‘n lied
die lewe blý steeds ‘n lied
soms is die lewe ‘n hartseer wals
soms is dit ons klaaglied
verblind deur ‘n ander se stukkie son
verleer ons om te sing
vergeet ons om ‘n dankbaarlied te sing
vergeet al jou gisters
droom oor jou môres
reik uit na die sterre
al lyk hul vir jou te ver
skryf ‘n nuwe wysie
dans saam elke ritme
van jou lewenslied
dans saam die ritmes
want die lewe bly nogsteeds ‘n lied
©Magda van der Walt
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2024 – OOP projek