Die rymelaar se tuin (Goud)
sy tuin was klein en groen en mooi met doringrose wit en rooi en die blou reën en die oumansbaard het in die eggos van die hadidas vir mekaar gesit en lag met die gekwetter van die voëls en die skoenlappers se vlug in die allerblinkste prag … was die rymelaar se beeldspraak in die […]
Gitsroep na die mooiste ou dans (Silwer)
sou ek vir jou ʼn bietjie lente op die koue winter vuurtjie kon gooi ʼn bietjie mooi kon fynstrooi en bietjie asem inblaas… tot die dooie punte gloei in hierdie kaggelvuur en die klein vlammetjie aanhelp om te knetter kraak tot ons stadig kan ou wals op ou musiek, ou voel, ou mooi sonder ʼn […]
My lojale vriend.
As jy aan ’n vierpootvriend dink, spring beelde van nat neuse, swaaiende sterte en oë wat altyd vir jou sê: “Ek is so bly om jou te sien,” dadelik na vore. Die wonderlikste van ’n vierpootvriend is dat hulle nie voorgee of jou komplimenteer om iets in ruil te kry nie. Nee, hulle is net […]
Hopelik is dit nie die tandmuis nie!
(Woordtelling : 898) Help, daar is ʼn muis in my huis. Snags hoor ek hoe baljaar hy op die plafon en soms kan ek hoor hoe knibbel en kou hy aan … wat? Wat vreet die ding dat dit soos saag geluide in die stilte van die nag klink? En hoekom is die ding […]
Wanneer die spasies tussen sekondes al hoe langer raak
(Woordtelling : 896) Daar is situasies waarin ʼn persoon absoluut magteloos staan, jou hande slap langs jou sye. Nie eens jou gedagtes wil nie werklik sinvolle woorde vorm nie, want jou gedagtes maak jou bang. Jy weet letterlik nie wat om te sê nie, want eintlik is daar niks om te sê nie. Wanneer […]
Ingelegde liefde
Ingelegde liefde Ek het nou die dag gelees iemand sê dat tradisie niks anders as groepsdruk van dooie mense is nie. En dit is seker soms so, maar daar is baie goeie tradisies ook, en dit maak nie saak hoe modern die lewe raak of hoe maklik en vinnig sommige dinge deesdae is nie, […]
lentekleure (silwer)
lentekleure blink lê lentereën se spoortjies wat die landskap saggies wek sodat soetdorings goudgeel bot en wolbosse winterveld verwit jy weet die son kom huis toe as klaasasgatte hulle takke in helderpienk vermom, pers samaravrugte uit doppe beur en bokke hul neuse draai na waar die reuk van groen op oggendwinde nader waai dan word […]
vir altyd (silwer)
vir altyd ek staar na hom wat gloei soos goue glas op hierdie middag wat omrol tussen bosse en verdroogde gras en ek ruik die soetheid van ’n springbok se pronk wat wit waaier in die laaste lig terwyl ontelbare oomblikke van verlies en verlang stom tussen ons hang maar dan kyk hy om … […]
Die bloedroep (Brons)
Die bloedroep (Brons) Die son staan stil oor die Kalahari-duine. Luka herwin sy bewussyn en kreun van die pyn. Hy probeer regop kom. “Verdomp! Hier sit die klein, geel, geplooide mens nog steeds voor my,” prewel hy. Pyn dompel Luka terug in ‘n droomlose, genade-slaap. Khoeb vee bekommerd met sy hand oor sy […]
Die uitstappie (Brons)
Die uitstappie (Brons) Die groen reuk van mos en die bloedstollende gille vermeng tot ‘n kakafonie van ontwaking. Ek word nie wakker nie, ek skrik wakker. Ek beur orent. Ek het waaragtig aan die slaap geraak hier onder die ruie varings en bome wat hemelhoog troon. Gille? Daar is dit weer! Bernard? Izak? Waar is […]