
vir altyd (silwer)
vir altyd
ek staar na hom
wat gloei soos goue glas
op hierdie middag wat omrol
tussen bosse en verdroogde gras
en ek ruik die soetheid
van ’n springbok se pronk
wat wit waaier in die laaste lig
terwyl ontelbare oomblikke
van verlies en verlang
stom tussen ons hang
maar dan kyk hy om …
die lig wat uit hom straal
laat my weer besef
ek wil weerloos waag
vir meer dae saam met hom
in die skadu van ’n windpomp
wat tjieng-tjieng sing
en ek wonder
sal die noordewind
eendag weer
reën vir ons bring?
©Hester Steenkamp
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2024 – OOP projek