sonskyn
op hierdie goue môre
lê die see soos ‘n spieël
op my duin is daar stilte
in my hart gedy vrede
oor my wang suis lug
op die berge sneeu dit
oostewind bring koue
wat soos bye sing
hierdie jaar byna oor
soos elkeen voor hom
verloop in kortvoete
van vergetelheid
geen grootwoorde
op my palet vanoggend
geen gesang wat neurie
slegs die son wat skyn
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.