
Ons mag dit alles nie misbruik nie.
Ons mag dit alles nie misbruik nie.
Ons is fisies goed toegerus vir ons
daaglikse lewenstake met twee hande
wat beter is as enige outomaat of
robotskepping want dis vlees en bloed
en het tassin, so wat doen ons daarmee?
Speel en werk met oplig en neersit, vashou
eet skrywe skilder, enige skeppende werk,
liefdevol omhels met ‘n ou liefdrukkie en
is ek blind of doof lees en praat ek daarmee – – –
Dieselfde hande doen bose lelike dinge
soos moord, afknou diefstal en afbreek
maar ons oë vermy die onreg bly onbetrokke
maar sien darem ook die skepping se skoonheid – – –
Ons ore luister na skone woord en lied maar nie
na goeie raad en volg eie kop soms tot eie skade
daarom is ons horende doof en siende blind en
ons voete bewandel die breë of smal weg – – –
Sonder ons ledemate en sintuie as hulpmiddels
van hoor sien reuk en tassin het die lewe geen
vreugde en sin en is ons maar ‘n lewende robot.
Ons mag dit alles nie misbruik nie want ons is
Sy hande en voete hier op aarde – – –
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.