Jongste aktiwiteit:

Gitsroep na die mooiste ou dans (Silwer)

sou ek vir jou ʼn bietjie lente

op die koue winter vuurtjie kon gooi

ʼn bietjie mooi kon fynstrooi

en bietjie asem inblaas…

tot die dooie punte gloei

in hierdie kaggelvuur

en die klein vlammetjie

aanhelp om te knetter kraak

tot ons stadig kan ou wals

op ou musiek, ou voel, ou mooi

sonder ʼn woord kon hartsakkoord

kon staar in die rooi vlammegeel

wat spookdans teen die donkerstes van die nag

wat gitsroep na die mooiste lenteprag

© Cornien Naudé

24/09/2024




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed