Die rymelaar se tuin (Goud)
sy tuin was klein en groen en mooi
met doringrose wit en rooi
en die blou reën en die oumansbaard
het in die eggos van die hadidas
vir mekaar gesit en lag
met die gekwetter van die voëls
en die skoenlappers se vlug
in die allerblinkste prag …
was die rymelaar se beeldspraak
in die songodin se mag
en hy het haar gaan soek
en in die ooste opgespoor
haar met skoon jasmyn gelok
agteroor die rant gaan haal
en met sy kleine tuin bekoor
nou sing sy elke môre
die sonkoor se gesang
en hy sit op sy bankie
en berym sy opstaanwoorde
met ‘n doudrup op sy wang
Andries Fourie
(Seirdna)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2024 – OOP projek