
Oumakind se lente hart
Oumakind se lente hart (Silwer)
kon ek al die dae laat lenteblom
so mooi soos jou hart se praat my pop
sou die lied kon liefrooi
sou jou mooi
kon gee
vir alles
my
lief
kon ek die grys in die dae
verberg
met die glimlag
die eg
in jou voel
oumakind
sou ek alles kon laat reënboog
soos jou oë
sou elke dag kon lente
soos jou stem
© Cornien Naudé
30/09/2024
2 Kommentare
-
Ricco
Volprese! Ek is nuut hier en werk stadig deur almal se werk om jul besonderse kuns te leer ken. Met respek Ricco
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2024 – OOP projek