Sonder jou en die see (Goud)
ek is bly jy’t my hart in jou oogwink betrap
nou kan ek op my heel beste blink
en die geheime van my liefde
sonder semantiek
speels in die deinings
aan ‘n seemeeu verklap
want ek moet jou sê
sonder jou
die sout op my tong
en sonder die see
was elke gedagte en elke gevoel
maar net onvergenoegd
op die wind weggegee
Andries Fourie
(Seirdna)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2024 – OOP projek