Jongste aktiwiteit:

kastele in die seesand

 

my gedagtes is vandag

soos kastele in seesand

 

soos weekdiere kamoefleer

vervaag gedagtes in geskrewe woorde

onder die gruis en sand van my strand

soos klein deeltjies verweerde rots

uitgespoel uit groot massa water

wat selfstandig funksioneer

op maat van metronoom

wat reēlmatig in getye

kom en gaan

skuur dit ewig

oor strand en duin

oor lugkasteel en ruim

vorm en maak dit

bou en verwoes dit

my na willekeer

 

Ó Tearlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed