Jongste aktiwiteit:

“It’s an illusion”

 

 

dagbreek op die strand

rooi-oranje strale pastel die see

verander die baai in goudgevulde

leegte wat saggies skommel

rustige windloosheid

wat selfs meeue

wil verwar

 

geluide kom op my oor

dit trommel en drom saam

in chaotiese klanke van onsin

leuentaal hehaaldelik gespreek

verander in emosionele reg

gotiese gedagtes verslons

in onsinnige snert

 

charismatiese boodskap

kom van die jan-frederikke

klink heen en weer oor fynbos

wat desperaat probeer blom

tussen son en kouefront

somer moet verkondig

in sneeu en wind

 

die melodie navigeer

vanuit my droomslaap

vibreer oor my bewuste

vomeer oor nuwe dag

oorheers my denke

vertaal my woorde

na ‘n illusie

 

Ó Tearlach.

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed