
Minnelied in die berg
In ’n koel-lawend bergpoel
hoog teen die berg se hang
rangskik ek goue liefdeskrale
in lowergroen mos vasgevang
groot-oog waterskilpad
loer uit verweerde skuit
as palmtak se minnelied
ons na vêr droom verskiet
Meganies retireer deur
magies-waterval sproeireën
waar hand, hart, honger lippe
mekaar vleg-strengelvind
skoenlapper in Skepperkleure
meesterlik uniek gekwas
fladder-vlieg, flikflooi speels
met lawwe naaldekoker-kind
Visarend stagneer halfweg
deur swiep-vryval-aksie
gewaar waterval toneel
en deel in hoof attraksie
takbokke huppel-trippel
ritmiese horing-tanga
as Waterlelie mallemeule
walsend sirkelkring bring
Bergvarings buig laag
as stil- waardeer ovasie
en figure amalgameer
wyl natuur luid apploudeer
as suiwer water, volmaak
liefde en elk’ unieke dier
voor Sy skepping-oog
rondomtalie seevier
9 Kommentare
-
Louie
Moes hierdie een 'n paar keer lees om op te vang by sy vinnige kloppende pols en vloei. Kan baie by jou skryfstyl leer.
-
Kiekies
Pragtig! My gunsteling vers: Meganies retireer deur magies-waterval sproeireën waar hand, hart, honger lippe mekaar vleg-strengelvind skoenlapper in Skepperkleure meesterlik uniek gekwas fladder-vlieg, flikflooi speels met lawwe naaldekoker-kind
-
Ch Nel Venter
Pragtig geskryf Evelyn. Baie geniet
-
Anze
Jou natuur gedigte skep die mooiste beelde! Pragtig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
Evelyn hierdie is een van die pragtigste gedigte in n lang tyd vir my en verdien beslis n diamant