Eie Afgrond
Soos strome klots oor klippe
van vinnig-vloeieind’ rivier
kronkelend deur klowe
in malende massa
oor waterval rant stort
om as skuimend’ maalkolk
onder weer dowwer word
Rustig verder voortvloei
tussen geilgroen oewerbank
selfgevormd’ weg vind
tot by die oopbek wag
van massiewe oseaan
So ons lewenswandel
oor rowwe rotse ploeter
wat skerp oor weë wag
hoë bergpieke aanpak
tot eie afgrond bereik
wat onoorkombaar lyk
Daar word opnuut gevind
‘n pad lank reeds uitgelê
is ons dan starende blind
want volg jy wel korrekte pad
word jy binnekort summier
na Sy wye Koninkryk gevat
3 Kommentare
-
-
Anze
baie mooi gepen
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
evelyn se unieke talent sterk na voor in hierdie pragwerk