God is daar
God is daar
in die stilte van die nag
met donkerte omring
en slaap wat wegkruipertjie speel.
God is daar
as retoriese vrae oor lewensbesluite
woer woer met my gedagtes speel
my vrede in more steel.
O Heer,
maak my geloofsoë en ore oop
dat ek U kan sien en hoor –
ek wil nie net weet U is daar
maar dit ook met my
hele menswees ervaar.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.