Vul my Albasterfles
Vul my albasterfles (4de skryfkompetisie)
Diep in my gemoed
voel ek soos een van die tien;
wakend sal ek moet bly
of ‘n gebrek aan olie ly
trane vloei
as ek voor die Here buig
en bid – Heer my albasterfles voel leeg
kan U dit vul met olie uit U Gees
my antwoord kom
uit die lewendige bron
“jy is gereed en gewapen
deel van My soldatekring
neem op jou wapens
hou jou oë op My gerig
solank as jy by My bly
sal ek jou voed en stig
masjeer in stemming
met die Heilige Gees
en jou albasterfles
sal altyd vol wees.”
(Erkenning aan Jimmy Swaggart – Expositors Bybel – Marching in tune with the Holy Spirit. 1 Kron 12:38)
©PcV
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.