Op die pad
Al die verkeerde paaie draai iewers
weer terug na die regte een
maar wanneer jy daar kom
dan kyk jy glad nie weer om
So sal die hartseer en pyn
in die stilte van gister
se hunkering verdwyn
en die wind met al sy stof
sal in die verte verdof
Wanneer nuwe sonne, mane
en horisonne jou dag na dag groet
sal jy weer die waarde
van menswees verstaan
Hy lei my weë so sorgeloos en vry
Hy maak elke pad weer nuut
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2018 - Weerbegin en voornemens projek