Somerliefde
Somerliefde (4de skryfkompetisie )
Sou ons die ure kon tel
omsit in my en jou
meetbaar of onmeetbare gesensuurde tye
en somerhitte wat polsende passie laat kook
rigtingloos in ons soeke na mekaar
liefde ontasbaar – maar – soos
Icarus waag ons dit te naby aan die son
en met geskroeide vlerke
fnuik liefde ons
doodsangel vervang Kupido se pyl
en somerliefde word vir winter verruil
©PcV
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.