Domkop
Hoe moes ek weet
liefde is harde werk en sweet
met deeltjies vergewe en vergeet
tesame met ‘n skeppie hartseer en ‘n lepeltjie leed?
Hoe sou ek kon raai
dis nie net Judas wat God sou verraai
dat nes ‘n Petrus die haan vir my sou kraai
en dat alle sonde se kierankies eendag gaan braai?
En toe lees ek Johannes drie vers sestien raak
en nou maak al my onkunde nie meer saak.
3 Kommentare
-
Wendy Leigh
So lieflik geskryf, jou slot tref diep. Baie dankie❤️
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2022 En toe ... projek