SNOESIG
SNOESIG Ek strek myself vroeë oggend na ses ’n nuwe dag is weer aan my geskenk spring gou op, my deur die strale laat drenk my in ’n sonjas klee ‘n snoesig nes. Met wilgertak vleg ek n koelteband my sonjas te warm word, lawe dit my vou knus om venster van my siel […]
Heimwee (Italiaanse sonnet) -Silwer-
daar is soveel mooi herinneringe aan jou jou skoonheid springgety ’n refrein kontoer die kraters van my brein bloeisel die orgidieë wat my hart hou my oë trane die winde van onthou neurie jou hart se liefdesein proe die vingers wat jou lippe basuin kameeldoring-sandskrif* ons belofte ewig trou maar nou spieëltjie daar heimweë raam […]
Liefde (Italiaanse sonnet) -Silwer-
Liefde ontmasker die chaos van duisternis spieël-klei* my uit die stof van die aarde wasem in my die asem van Sy waarde en dig uit my ribbebeen deernis slang het die genre in Liefde se gedig betwis naak-verbrou probeer ek Liefde vermy in die aandwindjie roep Liefde na my agter vyeblare oë ek om vergifnis […]
Oktober 2024 – Afrikaanse woord projek
Beste INKers Hierdie maand, soos ek elders genoem het, gaan ons die skroewe omtrent styf draai. Die projek is uitdagend, maar ek vertrou dat elke lid van INK die vermoë het om hiervan óók ‘n sukses te maak. Die onderwerp of tema is: Gebruik jou gunsteling Afrikaanse woord as tema. Let noukeurig op die genre-spesifieke […]
Die noodsaaklikheid van vakansie.
’n Lewe sonder rus is ’n resep vir ’n ramp. Ek is seker ons almal ken daardie gevoel, daardie diep sug van verligting wanneer die laaste werks-e-pos gestuur is, die koffiekoppie leeg op die lessenaar staan, en die tasse uiteindelik in die gang staan en wag. Dis vakansie! Maar hoekom is dit so belangrik? Kan […]
Ongetiteld (Goud)
inmiddels venyn kan ‘n reënboogvolk saamstaan agter groen en goud © Loretta Szikra
Onbeskaamde Bosveldnag (Goud)
Op ‘n ander someraand het die wind verlangend deur die bergklowe geloei en haar klaaglied gelate in die suurveld uitgestort terwyl vuurwarm vonkelings in jou ysblouoë gegloei het daar, waar ons halfnaak onder die bosveldmaan langs die knetterkraak van ‘n rooikransvuur in ‘n honger hunkering (sonder skaamte of identiteit) voor die nag se sterwensuur tot […]
Oor die oewer. (SILWER)
Ons vat die pad na die Gariep waar goue waters van die rivier jou gul groet. Ons durf die nabygeleë Tandjieskoppe aan met sy interessante rotsformasie en ou Duitse oorlogsgrafte wat jou oog vang. By Lüderitz se afdraai hou ons verby tot by Toekies se deli in Grünau. Verby Gaisereckeberg se grondpad wag kokerboomwoud ons […]
Sonder jou en die see (Goud)
ek is bly jy’t my hart in jou oogwink betrap nou kan ek op my heel beste blink en die geheime van my liefde sonder semantiek speels in die deinings aan ‘n seemeeu verklap want ek moet jou sê sonder jou die sout op my tong en sonder die see was elke gedagte en elke […]
Oumakind se lente hart
Oumakind se lente hart (Silwer) kon ek al die dae laat lenteblom so mooi soos jou hart se praat my pop sou die lied kon liefrooi sou jou mooi kon gee vir alles my lief kon ek die grys in die dae verberg met die glimlag die eg in jou voel oumakind […]