soms (Brons)
soms – Brons
soms wil ek my hande in die lug gooi en baldadig sing
my jubelklanke teen die melkweg gooi
tot ‘n maanligstraal dit weer terugbring
soms wil ek hartverskeurend in my hande snik
die seer uit my hart ryg en dit tussen die sterre werp
om dit vir ewig aan die sekelmaan te strik
soms wil ek net stil na die hemelruim staar
my verwonder aan die ewigheid daarvan
wagtend op die patos deur ‘n nuwe dag gebaar
©Retha van Deventer, September 2024.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2024 – OOP projek