Jongste aktiwiteit:

klanke van winter

 

 

kermend die windjie se gesuis

krakend die boomtakke se geruis

deur elke skrefie huil die suid-ooster

soos ‘n kind op sy moeder se skouer

eenkant onder ‘n duin se kloof

staan grysbokkie in geloof

dat sonstrale sal kom

en blomme sal blom

my venster verster

reëndruppels versper

uitsig wat vaal vertoon

winter reën uiteindelik hier

om te voed elke plant en dier

so voed dagstukkies ook my siel

op die maat van die lewe se riel

 

© Tearlach.

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed