Kontant
riviere loop
eers stroompies
in die veld en deur bergvaleie
en spoel ongeerg
in groot damme
riviere draal
maar draai nooit om
hul vog is vir almal beskikbaar
in ewe maat gegewe
ń bietjie werk
riviere vloei
oor sand, langs klip walle
met takke soos oubome
wat vrylik vog loog
na hoofstrome
riviere hardloop
vrylik in stroompies
eindig in kunsmatige betonbanke
waar gulhartigheid verhard
in lisensie gelde
kontantvloei word ook so
vasgevang in elektroniese kluise
met die sluitels in amptenaar hande
en hier is die vloei net
stroom op
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.