Jongste aktiwiteit:

Krugerwildtuin is die beste plek op aarde vir my

(Die “anderse” gedig in die Motorhuis geskryf toe ons met die knellende droogte daar was en hoop julle kan so stukkie van die wildtuin daarmee ervaar)

Krugerwildtuin is die beste plek op aarde vir my

Dis Bosveldwêreld my paradys
waar ons al in tien jaar 135 keer
ons staanplek in chalets tentjie en huisie-op-wiele as ons huis
vriendelike ontvangs en diens by die hek en in die kamp kry … wat ons waardeer
Dankie oom Paul vir jou visie in die toekoms in vir die nalatingskap
vir my en ons nageslagte vir die beskerming vir ons diere en natuur
ry met bus, motor, op toer, eendagkuier of om te stap
bespreek jou chalet en dankie tog … karavaankampeer is glad nie duur

By…..

Krokkedilbrug
Phambeni
Malelane
Numbi
Paul Kruger
Orpen
Phalaborwa
Punda-Maria
Phafuri

kan ons onder andere kies om in te gaan…

Ek fynkam en oefen nekspiere heen en weer tussen bosse en bome deur
Kameras en lense op my skoot en verkyker gereed
Manlief slakkepas teen 50 km per uur om nie die wild te steur
terwyl ons so tussenin peusel en ontbyt so ry-ry eet
en by Thokwane laatontbyt ons wors, spek, eier, tamatie, broodjie en glasie sap
terwyl ons kattekwaad en manewales van aap se kind moet dophou
wat grypdiefies is en vermakerig-heerlik aan ons vrugte doer bo sit en hap
voëltjies tjirp-tjirp energiek terwyl hul onverpoost nessies bou
met bobbejane wat vlooie soek, kleintjies aan mamma drink
oom Olifant gee vir ons ‘n magsvertoning-waterdans met kniebuiging
koning leeu en sy dames na ete onder koelte rus met kleintjies flink
aan die speel, pla, wat fotograwe vir ure kiekie-neem vreugde bring
honger hiëna gulsig die laaste happies verslind met jakkals wat rondtrippel
om so ‘n vinnige hap te steel en sleep-sleep wegtrippel kop in die lug
rooibokkies kopstamp en kleintjies uitbundig rondhuppel
met seekoeie wat neus en rooi oog ons beloer van onder die brug
hoog klapvlerk aasvoëls op die bespied na ‘n vangs doer onder
saggies sluip luiperdkolle wat onbewuste bokkies stip in die oog hou
fier regop grasieus bespied driemanskap-jagluiperd vir prooi want hul is honger
ons by die drinkplek lank sit en wag en aan padkos kou
terwyl
kameelperd
zebra
blouwildebees
rooibok
koedoes
buffels
streep
na
die
drinkplek
en versigtig nader … rondkyk … afsak … drink … kyk vir gevaar … drink … skrik ..
weghardloop … naderloop … seker maak … drink … elke dag
terwyl krokkedil een oog ongesiens vir die regte tyd vir een oopbek hap wag

Kampe waar ons kan ontspan en kampeer

Balule
Bateleur camp
Berg-en-Dal
Biyamiti kamp
Jock of the Bushveld
Krokedilbrug
Letaba
Malalane
Maroela kamp
Mopani
Olifantskamp
Onder-Sabie
Orpenhek
Pafuri
Pretoriuskop
Punda Maria
Roodewal
Satara
Shimuwini kamp
Shindwedzi
Skukuza
Talamati kamp
Tamboti

en waar ons ons piekniekmandjie kan uitpak
lekkernye ontbyt laatontbyt middagete drinkgoed in die sak

onder andere by…

Babalala
Mooiplaas
Tshokwani
Makhadzi
Masorini
Mlondozi
Mooiplaas
Muzandzeni
Nhlanguleni
Nkuhlu
N’wanetsi
Afsaal
Nwanetsi
Pafuri
Skukuza
Timbavati

Dit maak ons hart so seer toe ons Maartmaand deur die wildtuin ry
en sien hoe diere tevergeefs die stryd teen die droogte stry
Bome staan kaal gestroop sonder hul blarekleed
met geen gras aan hul voete vir bokkies om aan te vreet
riviere geen druppel water, slegs in en om met sand omraam
seekoeie vreet lekseltjies gras so sonder krag saam-saam
terwyl witgevrete karkasse tekens is van soveel seekoei
wat tevergeefs moes wag dat water weer sterk in riviere vloei
kinders van die water sleep hul self sonder krag oor die pad
en olifante het nie drinkwater net modder om in te bad
Aasvoels draai-draai in die lug en sit geduldig en wag
Hyenas dwaai om leeus se feesmaal met hul kry-nou-klaar gelag
Jakkals doen sy naam gestand en steel vinnig happies vleis
leeus leef in zebra-blou-wildebees-impala-paradys
vlakvarke party nog stewig maar ander maer op kniee opsoek na gras
kyk nie eers op as vier wiele teen slakkepas om hul ry
en luiperd hul bekruip en van hul ‘n smaaklike aandete maak
met cheetah wat hoog op klaargewerkte miershoop staan en bespied
….en dan sleep ons Shinwedzi binne en is ons verras
dat daar nog effens water in die rivier is waarin diere hulself skoonwas
ons ry met die rivier langs en troppe olifante en buffels bad en speel
baie bokke en handjievol seekoeie wat die water wat oor is nog kan deel
Bobbejaan se kind is besig met aapstreke en vlooie soek
en die brandwag jaag gillende stouterds tugtigend van kant tot hoek
tekens van die vloed is nog hier aangeteken op die kamp
met die damwal nog gebreek wat herinnering is van die waterramp
saans maak ons kampvuur en vind by buurman uit wat was hul geluk
van op die regte plek die regte tyd die regte waarneminggeluk
kampfliek met eie lig al binne die kamp heen en weer op en af
om eerste by die hek uit te ry dink party mense ons is laf
vroeg gaan slaap vir flink uit die vere môre oggend
want vroegoggend het mos leeus op die pad en goud in die mond

…..maar God se genade het mens en dier so nodig om te oorleef
mag ons vasstaan in geloof, hoop, vertroue en gebed en na sy Genade en Voorsiening streef
mag God die hemel se sluise oopmaak en verligting bring
sodat nuwe gras en bome geil kan staan en droogte ‘n herinnering

(Dankie vir die genade van Bo vir die ryke reënseëninge oor die wildtuin wat tans lower groen gedy!)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Yolandi het n geregistreerde lid geword

  • Hermien het n geregistreerde lid geword