Jongste aktiwiteit:

Lees is …

Lees is
‘n vorm van gedagte op papier
wat op Ipad tablet tydskrif en koerant
op televisie Facebook Twitter Youtube en selfoon
woorde is en soms slegs n stil fluistering
kommunikasie van skrif na oë tot hardop lees is
In kleinletters hoofletter mooi letters swart en kleurletters versier
op my selfoon whatsup sms boodskap getik met my en jou hand
want met lees word ek met kennis beloon
wat die nuusgebeure wereldsake tegnologie tot by my bring

Wat ‘n voorreg om te kan lees
Voorreg om te kan sien om te lees
Gee vir jou kinders oorvloed boeke om lees
Stel die voorbeeld deur self te lees

Kindertjies begin met a b c
My naam is Daan my naam is Sus
Ek is Kiet en ek is Woef kan ek tot vandag toe onthou
ek wou net lees en lees
en nou wil ek onbeholpe skryf om my lees te deel
Lees my Bybel Huisgenoot Weg Wegry Wegsleep Finesse en Leef by die see
daar waar ek gaan herlaai en na siel en liggaam te rus
en dan vanaand in die bed die dag se skryf en lees te herkou
te huil oor ander se seerkry, lag oor plesier, te wees in die gees
en nie kan wag wat ek môre die voorreg gaan hê om te lees

Wat ‘n voorreg om te lees
voorreg om te kan sien om te lees
dankbaar vir hul wat brailleskrif kan leer lees
met fyngevoellige vingers om te kan lees

Voorreg om in my moedertaal te kan lees
Die voorreg om in Afrikaans te kan lees

….wat ‘n fees!




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed