luiperd kranse
ver na die noorde
lê ou schoemansdal
daar waar die kranse wit lê
van die aasvoëls se mis
in sy klofies stap ons
in groepe en soms
heeltemal alleen
in die blou skemer
van die soutpansberg
leef daar nog wild en roofdiere
bosvarke en bosbokke is kos
vir die luiperd wat daar lê
wat soms iets vang
en dan lê en bak
in subtropiese bosse
hoor jy nog die musiek
van loeries en witkruis arende
die gekwarrel van troppe ape
en die skelm geluid van
skaars berg fisante
wat roep en wei
teen wit-bruin kranse
kom die boggom uitdagend
en dawer af in klowe inheemse bos
om luiperd en al wat leef
te waarsku : hy is daar
laer af vlieg kransduif
in swiepende vlug
iewers klak-klak iets
waar bosbok ram sy horings slyp
en waar die dassies sit en bak
op rots plate altyd naby
aan hul wegkruip plek
kuifkop tarentale
duik sag weg
die berge
blomme en bome
met die helder waterstrome
dit is waar die lewe mos is
waar mos en rankers
boomstamme dek
waar my siel rus
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.