
Mure
sandsteenmure verweer
sandkorrel sandkorrel…
en klip trou weer
met baar grond
sandsteenmure verweer
in laatmiddag sonstrale
hoëveld goudbruinvelle
met baar wonde
die sandvel skilfer
as moddermismessel verweer
en gee geboorte aan
sand
klinies uitgeverf
staan sandsteenmure
in die vrye ope veld
as grondskelette
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.