my sonskynsterretjie
my kleine sonskynsterretjie
sewe maande geroteer
in my brose baarmoeder
al jou organe was reeds volmaak
jou klein handjies en voetjies
was so pragtig soos die sterrehemel
pappa en mamma was opgewonde
gegiggel en geskitter het ons
jou pienk kamer mooi geverf
jy is ‘n supernova
gestraal het jy
helderder as die son
in ons donker lewe
ons eerste kind
ons eerste trots
maar
dof het jou bestaan geraak
jou hartjie het nie meer
saam met my hart geklop nie
jy het jou tydjie in my gehad
so kort en so min
‘n stilgeboorte
leweloos was jou lyfie
‘n dooie sterretjie
hartseer klou ek vas aan jou
my sonskynsterretjie
waar jy glinster
in die sterreruimte
daar sal ek jou ontmoet
© Roeline
Supernova – ‘n kernontplofing en skyn helderder as die son en raak dof oor paar maande. Gewoonlik dis hoe ‘n ster sterf.
En nee, ek het nie ‘n kind verloor nie. Net my eie verbeelding.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.