‘N LEPEL SE ONTHOU
‘N LEPEL SE ONTHOU
Ja. So word dogtertjies ook groot, en ekke wil nie nou eers grootwees nie. Ek wil nie nou ‘n regte-egte grootvrou wees wat weet hoe dit werk as jy en jou man liefdemaak nie en….. en glad nie geweet het dat ‘n regte-egte grootvrou in die middel van daai groot liefhê haar God kan lofprys nie….. Lofdans voor Sy Troon! Wat al eendag ‘n regte-egte, klein dogtertjie uit haar lyf laat bars het; al wou sy haar eintlik nog binne-in gehou het. Honor bright, sy wou eers! Want ek het geweet ek….. geweet hulle gaan haar wegvat. En ek het Laya eers weer na my bekering gesien. Net vir die vingers van eenhand se dae; toe…. toe is sy… toe….. Toe niks, Bokkie my babie.
Die eerstekeer toe ek haar kon bad; my kind! Laggend van plesier het ek haar uit die bad opgetel. Fraaiings skuim nog oralster op die klein lyfie; skoon uitasem baljaar; ja my kind – my enigste kleintjie-dogtertjielief.
Bokkie my babie, daai kleinlyfie. Daai warm, nat, kaal dogtertjielyfie wat ek vir ‘n wyle (only an eternity a while) net so teen my vasgehou het. Die asempie wat kom mens word het binne-in my lyf; babbelend teen my wang. Armpies styf gekring om my nek. Vingertjies speelpad-kronkelpas deur my hare, asof …….. Asof sy Righ se babakind was. As sy maar kon gewas – bedoel – gewees het. Onstwee se eie klein patroontjie…… Sy vingers was ook altyd doenig in my boskaas. Met hom in die omtrek het dit gelyk asof nooit hare gekam het nie.
Haar toe in die handoek toegedraai – dig; veilig soos ‘n baie kosbare kleinood in die baarmoeder buite my lyf. En haar kamertoe gedra….. Bevryding! Of onsêbare dankbaarheid! Dalk matelose vreugde. Woordelose bidwoorde; miskien. Per dalks sommer ‘n klein skeutjie van alles in my ma-wees verpand. Tot op hierdie gegewe oomblik het ek nog nie die vaagste benul presies hoe om die gevoel van daai aand in my hart sinvol oor te kan vertel nie. En al word ek ‘n duisendjaar oud sal ek steeds stom net daaroor kan voel-woordemaak. Seker maar omdat daar nie veel is om te sê nie (nou nog), net ‘n tamaai GROOT baie om te VOEL! ……..
Ek het my klein dogtertjie slaapkamertoe gedra – net ‘n handoek tussen my en haar lyfie; om iets gans anders met haar lyfie te gaan doen as dit waarvoor ek altyd slaapkamertoe gedra was: Die volkome vertroue, die openlike bewondering in daai twee blou ogies het die trane baie-baie vlak in my eie bloues opgedam. Ek was haar mamma, die Koningin van Faikonta . Haar eie, persoonlike hero!
Half losgewoel uit die handoek kaalbas op my skoot. Ja, my meisiekind; ‘vissies is maar net soos jy…. Voor hul weet of dit verstaan moet hul eendag verder gaan’, behalwe vir ‘n paar en ‘n halwe se halwemaat se bietjie weggesteekte uurglassandkorrels agter die staanhorlosie in jou hart weggebêre. Soms kan ‘n rukkie ‘n ewigheid se vertroosting inhou. Partykeer net soms.
My dogtertjie het my vertroulik nader aan haar getrek. Vir die fluistervertel van ‘n groot geheim se bietjiegroot probleem. Sien. Ongelukkig het my kind haar ma se ontembare verbeelding geërf: Een van die splinternuwe engeltjies in die Hemel het per ongeluk deurmekaar geraak oordat hy nog nie helemal geweet het hoe al die goeters in die Hemel gewerk het nie, nê. En toe maak hy haar nog eers meer heel per ongeluk weer ‘n bietjiester kleiner as wat sy rêrig groot gewas het….. ‘As Hy weer kom.
As Hy weer kom, kom haal Hy Sy pêrels’, en nou kan sy ongelukkig nie meer al die dogtertjiegoeters self doen wat sy eers gekon het nie. Mamma se hande sou moes afdroog, poeiergooi en roomsmeer én pajamas aantrek. Maar, het sy met grootoog erns verklaar; Liewe Jesus het self met sy hart gesien dat daai arme, splinternuwe engeltjie homself in die moeiliheid gaan insukkel en toe gaan help Hy hom gou ‘n bietjie, omdat en oordat Liewe Jesus weet hoe Hemelgoeters werk oordat dit Sy eie, persoonlike Huis gewas het. En dis waarom sy nie per ongeluk ‘n doek en tietiebottel-kinders geword het nie.
Maar ongelukkig moes Liewe Jesus net gou-gou eers vir Sy Pappa (dankie, my Meneer) gaan help met ‘n ander moeilike ding, dis waarom Hy haar toe maar vir eers nog ‘n klein rukkie net so kleiner as wat sy gewas het gelos het. Hy’t geweet haar mamma sou nie ongegee het as haar dogtertjiekind vir ‘n rukkie per ongeluk kleiner gemaak is nie. Honor bright, sy sou eers nie.
En honor bright, sy het eers nie! My kleintjie-dogtertjielief. ‘Dreams are ten a penny’, maar ek het myne daai aand verniet gekry. Danksy ‘n deurmekaarkop engeltjie en my Meneer wat my Hero ‘n tikkie-tik-tak nodig gehad het. ‘Save the last dance for me’; dit was so (God alleen weet), so wonderlik om my kind….. om aan my kind te kon raak! Momenteel; my hande – hulle het, ‘touch me with your naked hand’ ….. Soos wat daai splinternuwe engeltjie nie mooi geweet het wat om te doen nie, ‘or touch me with your glove’; my kind. My dogtertjie se kaal, klein-saggieslyfie langs my op die bed……Liewe Jesus.
Room, anderster as die wat my lyfie (en lyf) onthou. Poeier, my vingers. Liewe Jesus het my vingers ineengestrengel met die Genesisverwekte woorde van moederskap se Bloudruk. ‘n Ander dag herbevestig in Bloedrooi. Teer en versigtig (amper lagwekkend) skugter het hulle saam met God begin dans oor my kind se lyfie, sag. Verskriklik sag en weerloos onder my hande. Van die twee klein, bruin polkadotkolletjies geborge en veilig onder my vingerafdrukke. Oor die magie wat onder kielievlinders se dansmaak haar mondjie onbevange laat skaterlag het….. ‘It’s too wonderful.
It’s too marvelous’; die ongeskonde, die eens op ‘n tyd se suiwer misterie het my hart kom vrykoop van skarlaken en swart. Ek was weer die FaikontaKoningin wat wonderwerke en spierwit pêrels deur my vingers kon laat val. Nie die gewese koningin van die onderwêreld wat semen en ritueel se gebod moes onderskryf nie…. Net ‘n vrou, ‘only human.
I’m just a woman’. ‘n Kostelike, per ongeluk té klein dogtertjie se mamma. Met ‘n tedddiebeertjiepantie in haar hand. Aspris dieselfde, nes die ene wat ekke eendag lank-lank gelede op ‘n plek ver-ver van hier aangehad het. Daai eendag toe die duiwel ‘n seunskindmensprins gestuur het om sy hand in my pantie in te druk. Tussen my twee beentjies in. Toe ek eers wou gekeer het (rêrig-êrig, ek wou eers. Is! Vra vir Liewe Jesus), maar die bang het my eie handjies dom gemaak – dis waarom en hoekom ek kon verstaan het van die deurmekaarkop engeltjie se domheid.
‘Help me believe in what I could be’….. My teddiebeerpantie, twee vingers wat einawild binne-in my eie, persoonlike piepiegaatjie ingeskiet het ‘and all that I am’. My dogtertjie se teddiebeertjiepantie; en my oë ‘n paar eina-oomblikke tussen haar beentjies vasgekruisig. En my eenhand ‘n bietjie bewend vir ‘n bakhandvol sekondes oor haar en Liewe Jesus se geheim gevou…… my Meneer.
My liefste Messias, ek sal seker altyd in verwondering (marvelstrucked!) staan – onthou Jy? Daai heeleerste aand wat ek my eie-eie dogtertjie gebad het…. My God; die ragfyn geslagsdeeljie (waar die duiwel my in die verlede – Goddank, die verlede –so veel maal gekruisig het aan sy pikgitswart wellus se siek evangelie ) wat so perfek tussen haar twee beentjies gekoester was. Asof…. ‘I lift my hand to the coming King. To the great I Am’, asof dit presies so moes gewees het. Iets baie kosbaars. Iets; deel van die geheimenis van God self. ‘n Portret was van die volkome karakter van God. Waarmee die eienskappe van die Pottebakker diep in die wese van die klei ingebrand word……. En daai ongekunstelde juweeltjie tussen my dogtertjie se beentjies – die Handtekening van God.
……. Maar…. Sy’s nie meer myne nie en tog is sy nog myne, want….. want omdat en oordat, dis ingewikkeld. Jy sal nie verstaan nie, Bokkie my babie….. ‘Nou sit jy nog op my skoot’; ‘n Feetjielandpajamakind het op my skoot geklouter. Dig in my arms teen my vasgekruip.”Ek’s die liewerste lief vir jou, my mamma!” (en ek vir jou, my kind) en met ‘n snuif van ‘n klein wipneusie verklaar het dat ek nes ‘n engeltjie-feetjie-koningin ruik – Royal Secret en my skoot die troon van Faikonta se kroonprinses gemaak. ‘Maar daar kom ‘n ander tyd, dan raak ek jou bietjie kwyt’ (vir ‘n aarde se altyd) – al wou jou armpies en my hart nie gehad het hulle moes jou wegvat nie!
En nou het ek nie eers meer my Feetjielandpersent nie……My dogtertjie het uitasem (my siek dogtertjie wat toe nog net 24uur sou leef; maar Jy het haar ‘n klein rukkie vir my ‘gesondgemaak’ – ter wille van my…… Dankie, Liewe Jesus, so vreeslikbaie dankie!!!xxxx) van buite-af ingekom. Terug van haar boodskapaflewering dat die feetjies wat besig gewas het om tussen die kosmos te baljaar (wat kan ek sê, haar ma se kind) nie moet vergeet om Sunsparkle biscuits te gaan haal vir vanaand se partytjie op die maan nie……. ‘It’s too wonderful. It’s too marvelous.
And it’s believe to be absolutely true in Fairyland’ ……. Iets het daar tussen die laslap se komosse gebeur! Sy het ekstaties op my skoot geklouter – ‘n kind se opregte ekstase is seker een van die heel-heel mooiste, kostelike dinge wat God ooit geskape het. Marverstrucked! Honor bright, dit is eers!
Haar baieblou ogies nog blouer, die blouerste-blou……. “Kyk, mamma, ekke het jou lepel gekry!” in haar een volgrond handjie het ‘n ou gehawende, geroeste lepel gelê and ‘if the wizard had to wave his wand then you wil understand’.
Sy het sommer dadelik haar ma se verwarring onderskep. “Ag, mamma, man!……. ‘the dish ran away with the spoon’ – onthou jy?” Stralend van ‘n vreugde wat Liewe Jesus se hart vir altyd en altyd sou kon steel; soos myne.
Toe sit sy daai gehawende ou lepel met ‘n amper kestamper heilige eerbeid in my eenhand neer. Saggies; nes ‘n GROOT-GROOT GEHEIM……. “Mamma, dis hoekom……”
My liefste, klein babbelbekkie; “niemand dit eers kon gekry het nie! Al soek Liewe Jesus-hulle én al die feetjies én al die kaboutertjies én almal in die hele grootwêreld al baie se baie honderd – honderd is mos baie, nê, mamma,” ek kon net knik en saggies aan my doodgaan-dogtertjie se gesiggie raak…… “jare na daai lepel. Die stouterd het dit tussen die kosmosblomme laat wegverloor” (ma se kind) “toe niemand eers gekyk het nie….. en toe vergeet hy per ongeluk waar hy dit kom wegsteek het…… Mamma.” Maar daar kom ‘n ander tyd dan raak ek jou
Bietjie kwyt……. Sy’t ‘n soentjie gedêps – “Mamma, hou jy van jou persent?” My dogtertjie het nie gewag vir ‘n antwoord nie, net my hand toegevou om die baie honderdejare se wegverloor-lepel….. “Dit mag niemand anderster se persent wees nie – honor bright,” 1…2…3…4…5…6…7…8….9….10 vingertjies het my gesig omraam. Toe het sy haar armpies om my nek gesit en (Liewe Jesus, dis eina…..) my so styf soos sy maar kon vasgehou. Niemand anderster se persent nie; ek was haar mamma én haar hero én Faikonta se eie, persoonlike koningin ‘and the cow jumped over the moon’ …… en teen my handpalm, sag toegevou in my hand….. niemand anderster se persent nie. Net eers myne!
My dogtertjie is dood, Bokkie my babie; daai een Kerfeesnag met Stille nag, heilige nag wat in die agtergrond speel – agtmaande nadat God my tussen daai satynlakens kom uithaal het. En ‘n paar maande voordat ek vir Righ ontmoet het; enne… Dis hier waar hierdie wise-ass hart van my my Sielsambok die swye gaan oplê.
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag ‘n grasgroen loerie op die vensterbank van jou jou hart kom sit, en NET vir jou ‘n engel-deuntjie maak.
©Liza Daniells
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Amanda
Ai, Liewe Liza. Jy neem my terug na my eie. Die mooiste swart haartjies oor fyn voorkoppies gevee, fyne handjies en voetjies, hulle ogies sou sekerlik blou wees, weet nie, Hulle is weg voor hulle daardie mooie ogies in my siel kon vasmessel. Wou hulle by my hou vir ewig maar diep in my hart speel hulle vinkel en koljander.