Jongste aktiwiteit:

In die land van Kamma’mielie

‘n Hans-vark met die naam Bertus het op ‘n plaas groot geword. Met die dag van sy geboorte het sy ma gesterf en die varkie is saam die res van die werpsel deur Tant Lettie groot gemaak. Tant Lettie en Bertus was oral saam, hy het tot by haar op die bed geslaap, maar later was hy net te groot vir die bed en moes stal toe gaan. Bertus was baie opgewonde om saam al die ander diere te wees, en het sommer gou groot maats geword met ‘n paar van hulle. Nog steeds elke dag het hy vir tant Lettie gaan kuier, saam haar elke oggend beskuit op die stoep ge-eet en saam haar op die plaas rond geloop. Hy het baie wysheid by haar geleer en ken geen ander ma nie, die lewenslesse en ontdekkingsreise het van hom ‘n baie slim vark gemaak.

“Bertus!, roep tant Lettie een oggend baie vroeg. Ek het ‘n groot verrassing vir jou, kom gou hier.”

Bertus spits sy oortjies en hardloop stertjie in die lug na waar sy staan op die werf. In haar hand het sy ‘n klein varkie vasgehou, so bont een met ‘n helder geel link om haar nekkie. Geluk met jou eerste verjaarsdag ou grote, ek hoop jy gaan baie van jou present hou. Die varkie skree vreeslik, sy is baie bang vir die groot vreemde vark hier by haar. Bertus is so opgewonde dat hy heeltyd aan haar wil ruik met sy modderige swart snoet. Tant Lettie sit die varkie op die grond neer, sy is so bang dat sy sommer die vlaktes inhol. Bertus hardloop agterna en ure later bring hy die varkie veilig terug, tant Lettie is baie bly en gee vir Bertus is lekker soet koekie. Van daardie dag was Bertus en Baby onafskeidbaar gewees.

Vir die eerste paar maande het Baby in die huis geslaap, Bertus het elke mŏre op die stoep vir haar gewag, waar hulle saam beskuit ge-eet het. Gou het sy geleer om eiers in die hoenderhok in die mandjie te sit, en huistoe te dra met haar bek. Bertus het pligte gehad op die plaas, van kleins af het tant Lettie hom geleer om haar te help met klein takies. Wanneer sy ploeg op die land het hy agter die trekker aangehardloop en soms net uitgelate in die grond gerol. Dit was sy werk ook om die boosdoeners “bobbejane” uit die vrugte boord en lande te hou. Klein Baby het egter ‘n noue ontkoming gehad, een van die bobbejane het haar gegryp en die bosse ingehol. Dit was ‘n vreeslike gedoente om haar van die kees te bevry, daardie dag het Bertus met sy lewe vir haar baklei so dapper was hy. Na ‘n paar bytplekke op sy lyf, het hy haar uiteindelik gered uit die kake van die groot bobbejaan. Ongedeerd het Baby daarvan afgekom, maar wanneer sy nou ‘n bobbejaan gewaar sit sy net ‘n keelgat op en hardloop na veiligheid.

Vinnig het Baby groot geword, en met nuwe jaar is ses klein varkies gebŏre. Dit was ‘n blye dag vir tant Lettie, sy het met trots na hulle gekyk. Een swart varkie en vyf bontes. Bertus was baie beskermend oor sy babas, gekloek om Baby en die kleintjies. Die mooiste klein varkies, met hulle piepklein snoetjies en ronde lyfies. Spekvet en gesond, het hulle rondgehol in die stal, selfs met Bertus gespeel. Hy was ‘n wonderlike pa, so geduldig en sag met hulle. Die swart varkie was baie nuuskurig, hy het alles verken, en nes Bertus gou gewys dat hy bo die res uitstyg.
Tant Lettie het ‘n groot plaasdam gebou naby die windpomp, spesiaal vir die varke. Wanneer dit gereën het, het hulle luilekker in die modder gelê, tot die son warm op hulle lywe bak. Dit is ‘n goeie jaar op die plaas, die lande staan vol mielies en die vrugteboord is vol vrugte. Selfs die henne lê meer eiers en nie lank of die hele werf loop vol klein kuikens. Dit is dan ook die groot boeremark die eerste Saterdag van Januarie en almal maak gereek vir die groot dag. Verlede jaar het tant Lettie vir Bertus ingeskryf vir die mooiste vark in die kontrei, en hy het die eerste prys gewen. Sy beker staan op haar vertoonkas, met ‘n groot foto van hom daarby. Die jaar gaan sy hom weer inskryf, hy is nou heelwat groter en kwalifiseer vir die groot prys. Bertus het weer eerste gekom, sy vel blink in die namiddag son. Tant lettie se trots bars uit haar rok se nate uit, sy vryf oor sy kop.

“Mooi so, ou grote, met jou prysgeld gaan ek ‘n splinternuwe hok vir julle bou. Die stal raak nou te klein vir jou familie, lag sy.”




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed