Veg as die Vyand
Die hele kasteel bewe soos die deur tussen wêrelde oopgaan. Die ligte van die kandelare flikker en gaan dood. Neil hou dit alles sonder emosie dop; hy het dit als vantevore gesien. ‘n Gefluistery kom deur die oop deur. Fluisteringe van verraad. Fluisteringe van rugstekery. Fluisteringe van…
Diane sug en hou op om te tik. Die wyser op die skerm mok haar, amper soos die glimlag van haar anti-held. Êrens tussen die drome van ‘n gotiese kasteel en om oor ‘n oerwese te skryf wat daaraan gewoond is dat ander hom wil doodmaak vir die glorie daarvan, het sy net so paranoiïes en beroerd soos haar hoofkarakter geword.
Die musiek in die agtergrond dring deur na haar en sy klem haar vuiste; haar seer vingers skree oor die mishandeling. Miskien is dit weer tyd om eerder in ‘n notaboekie te skryf.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.