Geheime projek
‘n Geheime sending het so pas op die aarde geland, lang senerige ruimtewesens klim een vir een uit die ruimteskip. Met groot yslike oë bespiet hulle die gebied om hulle, en maak eienaardige geluide soos hulle kommunikeer met mekaar. Hulle opdrag is om soveel moontlik mense wat onder die sterreteken “Vark” gebŏre is te vang en na hulle bestemming “Mars” te neem. Dit is ook ‘n vereiste dat hulle almal hoogs intelligent moet wees.
“ Waarom nou juis “Varke”?
Professor Hawking, die grootbrein agter die projek sit by sy lessenaar en vryf sy hande teen mekaar. Dit is nou alreeds vir jare dat hy besig is met navorsing oor wesens op Mars. Sy doelwit is om ‘n nuwe nasie te skep, wat op Mars sal woon en ‘n groot stad daar sal bou. Hy het kontak gemaak deur middel van ‘n satelliet, na Mars te stuur. Dit was ‘n suksesvolle lansering, en nou tien jaar later realiseer sy droom. ‘n Ondergrondse beheerstasie is gebou om skuilplek vir die ruimte’wesens te bied, alles is haarfyn beplan tot op datum wanneer hulle terug sal keer.
Ongeveer honderd en vyftig wesens is opgelei vir die projek, van hulle kan verskillende vorms aanneem en ook soos ‘n gewone mense lyk en praat. Hulle gaan gebruik word om “Varke” te verkul, en dan sodoende gevange te neem. Daar word gesoek na vyf honderd mans van so tussen twintig en veertig, en drie honderd vrouens van sestien tot dertig. In totaal word agt honderd “Varke” benodig.
“Goeie middag, meneer Hawking, groet Poppie Beukes toe sy hom raakloop in die gang. “
“Middag, Poppie, jy lyk pragtig vandag.”
Hy het al lankal ‘n ogie op haar maar sy stel nie belang nie. Sy is gelukkig getroud met drie pragtige kinders. Hy grunnik toe sy haar kantoor deur agter haar toemaak, en sy skelm klein ogies trek in dun skrewies toe hy op sy horlosie kyk. Dis amper vier uur, hy het ‘n afspraak met Poppie se man, ‘n suksesvolle sakeman wat reeds ‘n groot bydrae in die gemaanskap gemaak het. Sy plan is om hom te oorreed om saam met hom na die ondergrondse basis te gaan, hom onder valse voornemens daartoe te vat en dan gevange te neem. Sonder hom in die prentjie staan hy dalk ‘n beter kans om Poppie se hart te wen, haar man sal net verdwyn en niemand sal ooit weet hoe dit gebeur het nie. Weer grynslag hy so by homself, steek een van sy lang sigare aan, en stap na buite.
Johan Beukes is ‘n frisgeboude jongman, hy kom nou juis van die gym af. Hy is enige vrou se droom, maar sy liefde en toegewydheid lê by sy vrou Poppie en kinders. Hawking is jaloers op hom, nooit sal hy weer so kan lyk, twintig jaar ouer maak ‘n groot verskil in aantreklikheid. Hy hou Johan dop toe hy uit sy motor klim, en na sy rigting begin loop. Hy sal hom in beheer van die projek maak op Mars, met sy kennis en vaardigheid sal hy binne paar jaar die stad kan voltooi. Wanneer die stad voltooi is sal hyself, met Poppie soontoe verhuis. Intussen sal Johan ‘n nuwe identiteit en gesig kry sodat sy hom glad nie daar sal herken nie.
“Goeie dag Henk, groet Johan hom vriendelik.”
Hy noem hom reeds jare al op sy naam, hulle is nie juis vriende nie maar het saam verskeie suksesvolle transaksies al beklink, veral in oorsese ondernemings.
“Middag Johan, ek’s bly jy kon ons afspraak maak. Ek het goeie nuus vir jou, kom sit dan vertel ek jou. Eerstens, wil ek hê jy moet geen woord hieroor rep nie, dis baie vertroulik.”
Nadat Johan hom belowe het om niks te sê vir niemand nie, gaan hy voort met die gesprek.
“Jy sien, ek het baie navorsing gedoen oor hierdie projek al vir geruime tyd reeds, dit deurdink van alle kante af. Ek voel jy is die geskikte persoon om my daarmee te help, ek het ‘n groot deurbraak gemaak met navorsing oor Mars. Wanneer ons hier klaar is wil ek jou na my nuwe ondergrondse basis vat sodat jy self kan sien waarvan ek praat. Hy bestel vir hulle elkeen ‘n bier, en oortuig hom verder dat hy miljoene sal verloor indien hy nie sou belangstel nie.”
Johan is ‘n besigheihsman, en wanneer iets belowend klink sal hy ten minste wil uitvind watse voordele dit inhou. Hy bêl gou sy vrou om haar te sê dat hy laat gaan werk, en nie bekommerd moet wees nie. Henk is tevrede met die vordering en hulle ry na die basis hoog teen die berg. Ons is amper daar Johan, nog net so vyf minute. Johan kyk om hom rond, voel ietwat onrustig maar laat niks val nie. Hulle stop voor ‘n groot rotswand, en skielik gaan dit oop met ‘n dreuning en ‘n gerammel. Vir ‘n oomblik is dit stikdonker en dan gaan skerp ligte oral aan. Eers dink Johan hy is op ‘n ander planeet, oral kom ruimte wesens nader geloop. Hy besef dat hy in ‘n lokval gelei is, maar daar is geen manier om nou te kan ontsnap nie.
“Welkom aan boord Meneer Beukes, se Henk met ‘n selfvoldane glimlag. Wat ‘n voorreg om jou Mars toe te kan stuur, sodat jy nooit weer jou mooi vrou en kinders sal sien nie. Dit sal ‘n genotvolle plesier vir my wees om daar vir haar te kan wees, jy gaan net verdwyn van die aardbol af.”
“Jou lae vark! skree Johan en sy stem eggo deur die hol groot leemte. Ek het geweet iets voel en klink nie reg nie, maar nog steeds het ek jou geglo. Jy sal nie hiermee wegkom nie, nou gaan jy te vêr met jou onderduimsheid. Glo my Poppie sal uitvind, en dan word jy Mars toe gepos saam al jou ruimte wesens.”
Hy probeer sy sellfoon uit sy sak haal, maar Henk het hom reeds lankal gevat sonder dat hy agterkom het, en hom afgesit. Johan word vasgemaak en na ‘n donker sel gevat. Hy is erg in skok oor die gebeure, en probeer nugter dink wat hier aan die gang is. Die gedagte om nooit weer sy vrou en kinders te sien laat hom sidder van vrees, dit jaag sy bloeddruk so hoog op dat hy aan die bewe gaan. Als voel so onwerklik dat hy hom verbeel dis’n aaklige nagmerrie, en dat hy enige oomblik gaan wakker skrik. Poppie begin onrustig voel, sy ken haar man dis nou reeds baie laat en sy het nog niks van hom weer gehoor nie. Sy probeer bêl maar sy foon is af, daar is iets groot fout besef sy, en besluit om die polisie in kennis te stel.
“Jammer mevrou, dit is nog nie vier en twintig uur dat hy vermis word nie. ‘n Saak van verdwyning mag nog nie oopgemaak word nie.”
Dit voel of sy nie asem kry nie, haar hart bons in haar keel. Sy het geen idee waar hy kan wees nie, sy ry na sy kantoor toe en vind alles stil daar geen teken van Johan nie. Net toe sy die deur wil toetrek sien sy ‘n nota op sy lessenaar lê. Sy lees dit en probeer uitmaak wat hy probeer sê. Die boodskap is baie kort, net paar vinnige woorde. Saam Henk, weet nie waarheen nie maar ek het nie ‘n goeie gevoel nie. Ten minste weet sy nou hy was saam Henk, sy skakel sy nommer en hy antwoord ewe beleefd.
“Goeienaad Poppie, en wat kan ek vir jou doen?”
“Waar is Henk! Ek weet hy was saam met jou, sy foon is af.”
“Bedaar, ek het hom laas gesien by die kantoor ons het laat gewerk aan ‘n projek, jok hy vir haar.”
Mense het so een na die ander begin verdwyn, spoorloos sonder enige teken. Henk Hawking is amper gereed om die groep mense Mars toe te stuur, nog net een klein takie wat hy moet afhandel. Hy loop na Johan en steek sy hand na hom uit, Johan klap egter dit met geweld weg en spoeg op die grond.
“ Mŏre oggend is julle weg die ruimte in, geniet maar jou laaste aand op aarde my ou maat, groet Henk hom met sarkasme in sy stem.”
Sonder dat Henk weet het Poppie hom agtervolg met haar motor, sy het alles gesien. Hoe die rots wegskuif en van die wesens ook, sy het ook gesien hoe Henk een van hulle nader en in ‘n gesprek met hom was. Sonder om tyd te mors jaar sy terug na die polisie stasie, en nie lank of Henk word gevange geneem. Die polisie haas na die toneel waar almal gevange gehou word, Henk maak die rotsdeur oop vir hulle, sy duim afdruk word benodig. Die ruimtewesens het voor die tyd ‘n sein van Henk gekry, om onmidellik die aarde te verlaat. Johan sien Poppie en hardloop na haar, hy was nog nooit in sy lewe so bly om sy vrou weer te kan sien nie. Sy bars in trane uit, weet nie of sy moet lag of huil van vreugde nie. Die res van die “Varke” storm na buite, hulle is vry! Die grootste “Vark” Henk Hawking se droom is saam met die ruimtewesens terug Mars toe, sy voorland is nou die tronk. Hy word gevonnis tot tien jaar.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2019 projek