
nagtrein
in my dof verligte kopee
skommel ek heen en weer
op sitplek-groen slaapbank
met blou komberse so knus
suis eentonig die nagwind
klikke-klak oor staalsparre
wat telkens verbuigend wys
rigting hou oor veld en brug
my liggie flits vervlietend
oor bosse en stasie-teëls
snel voort op woeste rit
nagtrein stop nie weer
kondukteur reeds sy
koffie geledig vir
sy aand se
skof
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.