narcissis (Goud)
jy wou my ontwortel
my verplant
my glo wys wie is baas
jy het selfs my fyn haarwortels
eiehandig een-een gepluk
en eenkant toe gesmyt
ek het jou getroef
met my eie ontworteling:
ek het my siel
finaal die swye opgelê
en my diepste wese
ewig-soekend na jou
(bedenklike) liefde
moet self sien kom klaar
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir November 2023 – OOP projek