
vir
Gedigte
nasmaak
my tong gly sag oor die soet
oor die suurpruim se sagte vesels
heerlike vars effe frank smaak vul my mond
lekker suig ek aan die wilde vrug se sap
tot die smaak begin verander nader
aan sy bitter suur kernagtige pit
soet lê die belofte op my geheue
om deel te neem aan die wedloop
bly ‘n besondere voorreg en ek gee alles
heerlike oefening van al my vermoëns
span ek my spiere en breingolwe
om te pas by die kompetisie
elke spier span styf in oorgawe
teen die steil heuwels se uitdaging
beweeg my liggaam in een bondel spiere
geen rus of slap lê toegelaat vir my nie
net aanhef lê voor op pad na die brug
wat verskyn maar reeds gebreek is
©Teárlach.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Mooi, ja net soos ons dink ons gaan voort…