Hoop
Hoop
die kelk van stilte breek nou oop in my
onrus begin harder praat
hoop in my hart se duister spraak
n ontwaking begin nou n wete raak
kan dit die uiterste openbaring wees?
die verwarring in my oë my bleek liggaam en gees
maar niemand sal my weerstand breek
n lang ent lewe le nog voor
almal het nog n ent se lewe oor
voor die stilte van die laaste nood
die soutsmaak van die dood
alle dinge staan alleen
alles is in enkelvoud
binne grense wat bind en skei
ek sal bly voluit leef tot die wind
die laaste deure toewaai agter my
Tia©
15/8/18
bl 175 – in die grasie van jou wese
CANSA bundel 2018
6 Kommentare
-
-
Toom
Sterkte, hoor! GvT
-
Papillon
Baie mooi
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Mooi