Jongste aktiwiteit:

Nog ’n donkerbosstorie

Nog ’n donkerbosstorie

’n Feetjie in ‘n fraaie rok
van skitterwit satyn
het een aand
omstreeks middernag
in die donker bos
verskyn.

Die lug was koel en wasig
die hemel byna swart
en in die mik van ‘n ou kalander
het die feekind gestaan
en lag.

Sy had geen skoene
aan haar voetjies klein,
haar rok was op haar knieg;
in die palm van haar hand
het die sekelmaan gelê
. . . en wieg . . .

‘n Sprinkeling van sterrestof
het gevonkel en gebrand
gestrooi oor tak en boomstambas
en paadjies
wat kronkel-kronkel
deur die sand.

Al dansend was sy doenig
op die krom kalandertak;
ballet en wals en twostep
vir ure lank
en tóé
het sy die sekelmaan laat sak.

Want in die vroeë môre
toe oosterson se eerste rooi
‘n skemering deur Donkerbos
se groot ou bome gooi
het die feekind skielik vaak geword
en op die plek het sy gaan sit.

Haar mantel van indigoblou
het sy sagkens om haar lyf gevou,
haar kop laat sak,
haar ogies toegemaak
en net daar (sommerso)
in die donker bos
. . . weggeraak . . .

C. Shaw
27 Mei 2014




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed