Ons afskeidsgroet.
Tyd het jou vel met wind en son gelooi;
jou hare tot ’n tint van grys gekleur
en alles het só ongemerk gebeur
soos wat die son en waas die reënboog tooi!
Tog sê die plooitjies laggend om jou mond
dat jy ook eenmal jonk was en kon droom
op lappiesgras onder treurend’ wilgerboom,
liefde sprank’lend in die voordagstond
wat lente in jou hart met blommegeure loom.
In jou soele lentes kon ek veilig knussies droom
al het jou herfs jou stil soos goeie wyn veroud’.
Suiwer, ryk en vol jóú wyn se tinteling van goud!
Maar nou…
Stil lê jy ysigwinterkoud in dood se nimmereindig rus
met lewensnaelstring afgesny –
jou stem gesnuit; stil…stom…geblus…
10 Kommentare
-
-
Kiekies
Hoe pragtig het jy hierdie een bewoord om aan my siel te pluk!!! Dis so mooi gestel: jou stem gesnuit; stil…stom…geblus… BRAVO!!!
-
Viooltjie
'n Pragtige gedig, Koekekranka. Jou woordgebruik is uitstaande. Welgedaan, dis 'n plesier om sulke werk te lees :-)
-
Niel Cloete
Ek hou baie hiervan!
-
Arnold
So het die son sy mes vir ons in onwetend die weg wat ons moet gaan nog 'n stille verhaal
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Pragtig geskryf