Winter
Winter
Ek staan in die tou en
met onuitspreeklike deernis
merk ek die skamel pakkie
sopbene, en
die klein pakkie
maalvleis, want
daar is ‘n gesin
wat moet eet,
dis winter—
My oë is skielik lastig
met ‘n winterse mistigheid
en daar is geen
jas
of
trui
vir die hart van my se
jammergevoel en skielike
koue, grys en verlate
wintersheid nie—
Janetta – Helena [Babs] ©
6 Kommentare
-
-
Koekekranka
En hierdie prentjie word al meer en meer 'n aaklige daaglikse waarheid. Pragtig geskryf!
-
Viooltjie
baie treffend vang jy jy hierdie wintersgevoel vas, Janetta. goeie werk :-)
-
Anze
sjoe hierdie is diepvat woorde....
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Jy praat so uit my hart uit met hierdie een!! Pragtig treffend!