Sel Vernietiging
valse beelde
photoshop verryk,
vasgevang in megapixel prentjies
is uitgelê as die ideale komplekse
wat afstand gee
van die vaal werklikheid
hoë beelde
vasgevang van vliegtuighoogte,
verklein die grondelike werklikheid
en skilder armoed buurte
as ideaal uitgelê
vir voorspoed
sel beelde
in tegnologiese aminasie,
is in hoë resolusie kubervlakke
van die karre, mense tussen papiere
wat soek na werklike waarde
op G5 selfone
zero. een
zero. een…
val die fantasie beelde
die werklike plesier
is in sweet
en vuil hande
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.