senuagtig
oor my duin hang mis
al die gisters speel verby
soos misgordyn weer verdwyn
in vlae kom die miswaaiers oor
verduister vensters van mộre
ouderdom bring wysheid
daarom soms meer lig
as net ewige duister
deur tyd kom sonlig terug
skyn oor my duin se kim
skeute van sonstrale
wat donker plekke
ontbloot in helder
verligte bluf
alles wat
donker was
maar net illusie
in afwesigheid van Lig
wat sal kom, is op pad
wat sal wees, reeds bepaal
dit is die nou wat die pyn bring
die nou wat vreesaanjaend
harte laat bibber en beef
alles in groot plan
verweef
my Here leef
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.